Woord vir Vandag - 4 Junie 2026

Loading player...
“…Hierdie klippe sal die Israeliete altyd daaraan herinner.” Josua 4:7 NLV
Hoe om jou Jerigo te oorwin (1)
Jerigo was die sterkste stad in die Beloofde Land en die eerste stad wat Josua se leër moes verower. Omdat Jerigo se mure ondeurdringbaar gelyk het, sou dit intimiderend vir enige voornemende indringer voorgekom het. Daarom het God vir sy mense gesê om te onthou en op te teken wat Hy in die verlede vir hulle gedoen het. Hy het gesê: ‘Kies twaalf mans uit die volk, een uit elke stam en sê vir hulle: ‘Kry twaalf klippe uit die middel van die Jordaan’… by Gilgal het Josua die twaalf klippe…opmekaargestapel’ (Josua 4:2-3, 20 NLV). Josua het dit ter herinnering toe God die water van die Jordaan geskei het, opgerig. Een van jou beste wapens teen Satan se aanvalle is ‘n goeie geheue. Moenie een van God se seëninge vergeet nie! Die psalmdigter sê: ‘Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Hy red my uit die kloue van die dood… Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe… Die Here help almal wat onderdruk word. Hy is goed’ (Psalm 103:3-6 DB). Skep ‘n trofeekamer in jou hart. Elke keer as jy ‘n oorwinning ervaar, plaas daardie herinnering op ‘n rak. Voordat jy ‘n uitdaging in die gesig staar, neem ‘n vinnige toer van die prestasies wat God namens jou bereik het. Kyk na al die salarisstrokies wat Hy voorsien het, die seëninge wat Hy gegee het en die gebede wat Hy verhoor het. ‘Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot’ (Klaagliedere 3:21-23 AFR83).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min