Woord vir Vandag - 8 Junie 2026

Loading player...
“…Sy woorde gee kennis en insig.” Spreuke 2:6 NKV
God sal vir jou kennis en insig gee
Bill Gates het voorspel: ‘Daar sal in die toekoms ‘twee samelewings’ wees; hoogsbetaalde kenniswerkers en laagbetaalde dienswerkers.’ Die gesegde ‘kennis is mag’ is waar. Dit is selfs meer waar in die geestelike realm. Hoe meer jy van God weet, hoe meer selfversekerd sal jy wees. Kennis van God se Woord kan duidelikheid oor die raaiselagtige kwessies van die lewe gee. Toe ‘n sekere godsdienstige sekte probeer het om Jesus in een van hul debatte oor ‘n spesifieke kwessie uit te vang, het Hy geantwoord: ‘…Julle probleem is dat julle nie die Skrif ken nie. Julle besef ook nie hoe magtig God is nie’ (Matteus 22:29 NLV). Daar is ‘n paar waarhede wat jy in jou hart moet vasmaak en toelaat dat hulle vrede in jou gees bring. Byvoorbeeld, niemand kan God se doel vir jou lewe dwarsboom nie. ‘Die Here die Almagtige het besluit, en wie sal sy planne kan verander? Wanneer sy hand beweeg, wie kan dit terugbring?’ (Jesaja 14:27 NLV). Jy moet weet en glo dat ondanks enige gebeure, dinge tot jou beswil sal uitwerk. Daarom kan jy angs en bekommernis laat vaar. ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). Daniël herinner ons dat God die Een is wat: ‘…aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig’ (Daniël 2:21-22 AFR83). Die ‘lig’ wat jy nodig het, behoort aan God. Jy hoef ook nooit onseker oor enige aspek van jou kennis wanneer jy Hom ken, te voel nie, want Hy weet alles.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min