Woord vir Vandag - 9 Junie 2026

Loading player...
“…Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.” 1 Korintiërs 15:10 NLV
Oefen Godvertroue eerder as selfvertroue uit
Trots bevorder selfstandigheid. Dit sê vir ons dat ons inderdaad dinge op ons eie kan doen. In ons poging om in selfvertroue te wandel, slaan ons die deur in God se gesig toe en sluit die werk van die Heilige Gees, ons Helper, uit. Paulus was geleerd, gesofistikeerd en toegewyd, maar hy het nederig verklaar: ‘Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ‘n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het. Maar deur God se onverdiende goedheid is ek vandag wat ek is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het’ (verse 9-10 NLV). Dit maak nie saak hoeveel talente en vermoëns jy besit nie, sonder God sal dit jou net tot by ‘n sekere punt bring. Jesus het gesê: ‘Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan my verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). Die bron van ons vertroue moet dus God en nie onsself wees nie. Wanneer mense wat in Godvertroue wandel se planne skeefloop, is hulle wys genoeg om hul begeertes ondergeskik aan die soewereine wil van God te stel. Hulle herinner hulself vinnig: ‘’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het’ (Spreuke 19:21 NLV). Hulle is oortuig dat God ‘n hoër doel vir hul lewe het en dat geen mens dit kan dwarsboom nie. Oefen dus Godvertroue eerder as selfvertroue uit.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min