Woord vir Vandag - 10 Junie 2026

Loading player...
“…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe…” Filippense 3:13-14 NLV
Moenie tou opgooi nie; hou aan!
Iemand het gesê: ‘Die geheim van sukses is om soos ‘n eend te wees - glad en onverstoord bo die water, en woes besig om onder die oppervlak te swem.’ Niccolò Paganini, die bekende negentiende-eeuse violis, het die waarheid hiervan geïllustreer. Sy onvergeetlikste konsert was nie ‘n maklike uitvoering nie. Hy moes woes onder die oppervlak spartel om die konsert uit te voer. Die konsert is met ‘n volle orkes voor ‘n stampvol gehoor in Italië uitgevoer. Diegene wat hom hoor speel het, sê dat sy tegniek ongelooflik en sy toon fantasties was. Teen die einde van die konsert was hy besig om sy gehoor met ‘n baie moeilike komposisie te verstom, toe een snaar op sy viool skielik breek en slap van sy instrument afhang. Paganini het net gefrons, sy kop geskud en aanhou speel deur pragtig te improviseer. Toe, tot almal se verbasing, insluitend Paganini s’n, breek ‘n tweede snaar. Kort daarna breek ‘n derde snaar. Dit het soos ‘n komedie gelyk waar Paganini voor die ontsaglike skare met drie snare wat aan sy Stradivarius-viool hang, staan. In plaas daarvan om egter die verhoog te verlaat om sy instrument te herstel, het hy ferm bly staan. Hy het die moeilike stuk kalm op die een oorblywende snaar voltooi – ‘n vertoning wat hom applous, bewondering en blywende roem besorg het. Paulus was ook so ‘n man: ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.’ Ons almal wat geestelik volwasse is, moet ook so dink. Moet dus nie opgee nie; hou aan!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min