Woord vir Vandag - 13 Junie 2026

Loading player...
“Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is…” Efesiërs 3:18 NLV
Bid vir ‘n openbaring van God se liefde (2)
Thomas Aquinas was een van die grootste skrywers en denkers van die Middeleeue. Sy Summa Theologica is een van die geskiedenis se blywendste teologieë. Aquinas het dit egter nooit voltooi nie as gevolg van iets wat op 6 Desember 1273 gebeur het. Hierdie gebeurtenis het veroorsaak dat hy heeltemal ophou skryf het. ‘Alles wat ek al geskryf het, lyk soos onsin,’ het Aquinas gesê, ‘in vergelyking met dit wat nou aan my geopenbaar is.’ Presies wat hierdie openbaring behels, bly ‘n raaisel, maar daardie een openbaring het al die kennis wat hy opgedoen het, oortref. Dis wat jy ook nodig het. Jy het ‘…geestelike wysheid en insig…’ (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Niks sal jou lewensuitkyk, of selfs jou persoonlikheid, so vinnig verander soos ‘n openbaring van God se liefde nie. Dit is egter geheel en al anders as die manier waarop ons liefde op ‘n menslike vlak gee en ontvang. Sy liefde is eerstens onvoorwaardelik. Daar is niks wat jy kan doen sodat God jou meer of minder lief het nie, want Hy het jou reeds perfek en ewig lief. Selfs wanneer jy dit nie beantwoord nie, ontmoedig of verminder dit nie sy liefde vir jou nie. Dit beklemtoon dit. ‘God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was’ (Romeine 5:8 NLV). Dis maklik om iemand lief te hê wanneer hulle op hul beste is. Dis egter nie so maklik wanneer hulle op hul slegste is nie. Dis egter die toets van ware liefde. Ons liefde is geneig om reaktief te wees, maar God se liefde is proaktief. Hy het ons lief wanneer ons dit die minste verwag en dit die minste verdien.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min