Woord vir Vandag - 14 Junie 2026

Loading player...
“Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei?..” Romeine 8:35 NLV
Bid vir ‘n openbaring van God se liefde (3)
Paulus het gevra: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei?’ Die antwoord is nee – niks nie! Nie eers ‘…dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging…’ (vers 35 NLV), sal dit regkry nie. ‘Ontbering’ het Paulus laat terugdink toe hy op ‘n skip in die Middellandse See tydens ‘n verskriklike tifoon was. ‘Vervolging’ het hom aan die feit dat hy by Listra gestenig en vir dood agtergelaat is, herinner. ‘Beproewinge’ het Paulus laat onthou dat hy voor Nero self tereggestaan het. Hy het ook honger gely, is deur ‘n giftige slang gebyt, en die klere is van sy rug afgeskeur sodat hy gegésel kon word. Dit het ook nie net een of twee keer gebeur nie. Vyf keer het hy die maksimum vonnis ontvang - veertig houe minus een. Paulus se rug is met ‘n sweep geslaan en met 195 letsels deurkruis. Ontbering het een van twee gevolge: dit verhard of versag ons harte. Dis daardie verharding of versagting wat ons maak of breek. Volgens een meningspeiling onder Londenaars het 60 persent van diegene wat Duitsland se blitzkrieg tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef het, dit as die gelukkigste tyd van hul lewens onthou. Dis die moeilike tye wat ons liefde toets. Dis egter ook hoe dit bewys word. Die liefde van Christus is nie deur sy wonderwerke bewys nie - dit is aan ‘n Romeinse kruis bewys. Dit het bewys dat Christus se liefde onfeilbaar is. Dus, maak nie saak watter probleme, ontbering of vervolging jy in die gesig staar nie, dit sal ook verbygaan. Jesus is by jou en Jesus is vir jou. Niks, absoluut niks, kan jou van sy liefde skei nie!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min