Woord vir Vandag - 16 Junie 2026

Loading player...
“…reken ek dit van geen belang nie…” Handelinge 20:24 AFR83
Jy kan die probleem ontgroei!
Voordat hy die leiers van die kerk in Efese vir die laaste keer verlaat het, het Paulus vir hulle gesê: ‘Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig’ (verse 23-24 AFR83). Daar is twee maniere om ‘n probleem te hanteer: 1) Bid en glo dat God dit sal verwyder, soos Hy met die mure van Jerigo gedoen het. 2) Ontgroei die probleem. In die 1920’s het ‘n Engelse avonturier genaamd Mallory ‘n ekspedisie om Mount Everest te probeer verower, gelei. Sy eerste twee pogings het misluk. Met sy derde poging is hy en die meeste van sy span in ‘n sneeustorting uitgewis. Met hul terugkeer na Engeland het die paar wat oorleef het, ‘n banket gehou om Mallory en diegene wat omgekom het, te vereer. Die leier van die oorlewendes het tydens sy bedankingstoespraak sy rug op die skare gedraai en na ‘n groot prentjie van Mount Everest teen die muur, wat soos ‘n stil, onoortreflike reus bo hom uitgetroon het, gekyk. Met trane wat oor sy gesig stroom, het hy namens sy oorlede vriende met die berg gepraat: ‘Ek spreek tot jou, Mount Everest, in die naam van alle dapper mans en vroue wat leef en dié wat nog gebore moet word. Mount Everest, jy het ons een keer verslaan; jy het ons twee keer verslaan; jy het ons drie keer verslaan. Ons sal jou egter eendag verslaan, want jy kan nie groter word nie - maar ons kan.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min