Woord vir Vandag - 17 Junie 2026

Loading player...
“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jeremia 29:13 NLV
Bid daaroor
Fanny Crosby, die bekende gesangeskrywer, het gesê dat sy nooit ‘n gesang probeer skryf het sonder om eers in gebed te kniel nie. Aangesien sy ongeveer 8 000 liedere geskryf het, was sy duidelik ‘n vrou van gebed! Geliefde gesange soos ‘Blessed Assurance,’ ‘To God be The Glory’ en ‘I am Thine, O Lord’ is uit tye van gebed gebore. Soos baie kreatiewe mense, was sy dikwels onder druk om sperdatums te haal. Eenkeer het sy probeer om lirieke vir ‘n deuntjie wat deur W.H. Doane gekomponeer is, te skryf. Sy kon blykbaar net nie die woorde vind nie, maar toe onthou dat sy vergeet het om eers te bid. Toe sy van haar knieë af opstaan, het sy - so vinnig as wat haar assistent kon skryf - die woorde vir die beroemde gesang, ‘Jesus, Keep Me Near the Cross,’ gedikteer. ‘n Ander keer het sy vyf dollar vir iets spesifieks nodig gehad, maar sy was platsak. Daar was geen tyd om haar bankier te raadpleeg nie, dus het sy eenvoudig vir die geld gebid. Toe haar gebed klaar was, het sy heen en weer in haar kamer begin loop en probeer om in die regte stemming te kom om te skryf. Net op daardie tydstip klop ‘n bewonderaar aan haar deur. Die twee het kortliks gesels en met hul afskeid het die vrou iets in Fanny se hand gedruk. Dit was ‘n vyfdollar-noot! Fanny het op haar knieë geval om God te bedank en direk daarna een van haar bekendste gesange geskryf: ‘All the Way My Saviour Leads Me.’ Die geheim tot Fanny Crosby se sukses is nie 'n ‘geheim’ nie. Voordat sy enigiets vir God probeer doen het, het sy eers God vir hulp genader. Die woord vir jou vandag is dus - bid daaroor!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min