Woord vir Vandag - 18 Junie 2026

Loading player...
“…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Filippense 4:8 NLV
Bly positief
Marcial Losada is ‘n bedryfsielkundige wat die krag van positiwiteit bestudeer. Hy argumenteer dat ons negatiewe terugvoer nodig het om te oorleef. Sonder regstellings in die middel van die proses, maak ons gedagteloos aanhoudend dieselfde foute. As jy egter wil floreer, het mens ook positiewe terugvoer nodig. Sy studies het die sogenaamde Losada-verhouding opgelewer: dit is die verhouding van positiewe terugvoer tot negatiewe terugvoer in ‘n stelsel. Dit maak nie saak of daardie stelsel ‘n kerk, ‘n gesin of jou werkplek is nie, daar moet ten minste 2.9 positiewe terugvoer vir elke negatiewe terugvoer wees. Wat is dus jou verhouding as eggenoot, ouer, werknemer, of vriend? Negatiewe terugvoer is geneig om meer gewig te dra en langer te hou, dus moet dit uitgebalanseer word. ‘n Goeie reël is om drie komplimente vir elke klagte te gee. In plaas daarvan om na foute te soek, moet jy oefen om mense te betrap waar hulle dinge reg doen. Hier is nog ‘n paar dinge wat jy kan doen om positief te bly 1) Memoriseer en mediteer oor die beloftes van God se Woord en anker jouself daaraan. 2) Skryf in ‘n dankbaarheidsjoernaal. Dit sal jou laat besef hoe geseënd en welgesteld jy is. 3) Kweek die gewoonte aan om ‘n hartlike briefie aan mense wat jy waardeer, te stuur. Dit sal jou net twee minute neem, maar jy kan iemand se dag, of selfs iemand se jaar, maak! 4) Vind ‘n manier om ‘oorwinnings’ met jou familie en in jou werkplek te deel. Dit het die krag om die fokus te verskuif en die kultuur te verander. Dit sal jou ook op ‘n kragtige nuwe manier aan jou kinders en jou kollegas anker.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min