Woord vir Vandag - 19 Junie 2026

Loading player...
“Maar God praat… deur drome…” Job 33:14-15 NLV
Laat jou droom herleef
God is die gewer van drome. ‘Maar God praat op verskillende maniere… Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap’ (verse 14-15 NLV). Tensy jy die res van jou lewe onvervuld en ongeïnspireerd wil leef, moet jy jou droom uit die kas haal en die stof afblaas. Dis maklik om in die ‘moets’ van die lewe vasgevang te raak - werk; om na kinders, eggenote en bejaarde ouers om te sien; die huishouding te bestuur, ens. Jy moet egter glo dat jy jou drome kan laat herleef en glo dat jy die vermoë het om die entoesiasme wat jy eens vir die lewe gevoel het, te ontsluit. Jy moet die moed hê om die teleurstellings van die verlede in die gesig te staar en uit te pluis hoekom jy laas van die pad afgewyk het. Dan moet jy die stem in jou kop stilmaak wat sê: ‘Wie is jy om meer uit die lewe te wil hê? Jy kan dit nie doen nie; dis te laat vir jou.’ Ons gee moed op met ons drome omdat ons dink dis wat grootmense veronderstel is om te doen. Soos ons egter volwasse word, besef ons dat dit die strewe na ons drome is wat ons lewendig laat voel. Die waarheid is dat jou droom, soos Lasarus, met liefde, gebed en groot aandag, opgewek kan word (sien Johannes 11:43). Die geheim om drome te laat herleef is om die proses daarvan te geniet, eerder as om op die uitkoms daarvan te fokus. Prestasie gaan in hierdie geval nie oor posisie, roem of finansiële vergoeding nie, maar om dit te doen wat jy liefhet. Dit is wat Jesus belowe het: ‘…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min