Woord vir Vandag - 20 Junie 2026

Loading player...
“…Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word…” Habakuk 3:2 AFR83
Hou aan hardloop!
Die Bybel vergelyk die Christelike lewe met ‘n marathon. ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur…’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Paulus het aan die gelowiges in Filippi geskryf: ‘…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee…’ (Filippense 3:13-14 NLV). Die kanse is goed dat jy nie by die wegspringplek en ook nie by die eindstreep is nie. Jy is êrens in die middel. Wanneer jy ‘n wedloop hardloop, het jy aan die begin baie entoesiasme en energie. Die einde hou ook baie belofte in terwyl ons die laaste stuk hardloop en ons doelwit bereik. Die middel van die wedloop - wanneer ons lankal verby die begin is en nie seker is hoe ver weg die einde nog is nie - is waar ons dikwels getoets word. Daarom het die profeet Habakuk geskryf: ‘…Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word…’ Dit is in die middel van die wedloop wat ons aanmoediging nodig het en waar ons weer op die prys wat op ons wag, moet fokus. Diegene wat voor ons gehardloop het, het die aflosstokkie deur die eeue heen, van geslag tot geslag, oorgedra - sonder om dit te laat val. Wat moet jy dus doen? Neem die aflosstokkie, hardloop en hou aan hardloop!
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min