Woord vir Vandag - 21 Junie 2026

Loading player...
“Hy sal ouers met hulle kinders versoen en kinders met hulle ouers…” Maleagi 4:6 NLV
Wees ‘n vader
In 1985 het Tim Burke se kinderdroom waar geword toe die Montreal Expos-bofbalspan hom as ‘n gooier aangestel het, wat hom ‘n jaarlikse salaris van $600,000 besorg het. (Destyds was dit groot geld vir ‘n speler). Na vier jaar in die klein ligas is hy uiteindelik ‘n kans gegun om in die groot ligas te speel. Hy het vinnig sy waarde bewys deur ‘n rekord as ‘n nuweling-gooier op te stel. Intussen het Tim en sy vrou, Christine, vier kinders met spesiale behoeftes aangeneem - twee dogters van Suid-Korea, ‘n gestremde seun van Guatemala en nog ‘n seun van Viëtnam. Al die kinders is met baie ernstige siektes of gebreke gebore en nóg Tim nóg Christine was voorbereid op die geweldige eise wat so ‘n gesin sou meebring. Met die uitmergelende skedule van hoofliga-bofbal was Tim selde tuis om te help. Nadat hy sy siel deursoek het en oor sy lewe se ware prioriteite besluit het, het Tim iets gedoen wat almal verbaas het - hy het sy droomloopbaan in hoofliga-bofbal prysgegee. Toe verslaggewers hom vra om hierdie verstommende besluit te verduidelik, het hy eenvoudig gesê: ‘Bofbal sal steeds goed vaar sonder my. Maar ek is die enigste pa wat my kinders het.’ Helde is deesdae skaars. Tim Burke is een van hulle. Pa, jy kan ook een wees. Die meeste beleggings in die lewe behels risiko en kan tot spyt lei. Jy sal egter nooit ‘n oomblik spyt wees oor die liefde, tyd en moeite wat jy in jou kinders belê nie. Wees dus ‘n pa.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min