Woord vir Vandag - 22 Junie 2026

Loading player...
“…Maar Jonatan seun van Dawid se broer Samma het hom doodgemaak.” 2 Samuel 21:21 NLV
Verhoog die standaard
Nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het, het vier ander mans, insluitend sy neef Jonatan, reuse doodgemaak wat teen die Israeliete in opstand gekom het. ‘In nog ‘n geveg teen die Filistyne in Gat was daar ‘n baie groot man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, saam 24. Hy was ook uit die geslag van die Refaïete. Hy het Israel uitgedaag. Maar Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, het hom doodgemaak’ (2 Samuel 21:20-21 NLV). Dawid het die standaard verhoog. Goliat se nederlaag, wat almal vroeër gedink het onmoontlik was, het hulle die krag gegee om hul eie reuse te oorwin. Tot en met 1954 het niemand al ooit ‘n myl in minder as vier minute gehardloop nie. Op 6 Mei 1954, het Roger Bannister egter die afstand in 3 minute en 59.4 sekondes afgelê. Hy het die reus verslaan. Twee maande later het die Australiër John Landy Bannister se rekord gebreek en bewys dat die vier-minuut-myl net soveel ‘n sielkundige as ‘n fisiese uitdaging is. In die eerste helfte van die twintigste eeu het baie mense probeer om Mount Everest te klim en misluk. Op 29 Mei 1953 was Edmund Hillary en sy Sherpa-gids, Tenzing Norgay, die eerste mense wat die kruin bereik het. Sedertdien het meer as ‘n duisend klimmers die ekspedisie voltooi. Dawid, Bannister en Hillary het almal reuse van hul tyd oorwin en ander geïnspireer om hul prestasies te ewenaar en daarin uit te blink. Jy doen jouself en ander ‘n onreg aan wanneer jy van jou reus wegvlug. Jy moet ophou bang wees om moeilike take aan te pak en jouself herinner: ‘As God dit voorheen gedoen het, kan Hy dit weer doen, en as Hy dit vir ander gedoen het, kan Hy dit vir my ook doen.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min