Woord vir Vandag - 23 Junie 2026

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…” 2 Korintiërs 3:5-6 NLV
Erken altyd jou afhanklikheid van God
Dr O. Hallesby het in sy klassieke boek genaamd Prayer geskryf: ‘Gebed en hulpeloosheid is onafskeidbaar. Slegs diegene wat hulpeloos is, kan werklik bid. Gebed bestaan dus eenvoudig daarin om God dag vir dag te vertel op watter maniere ons hulpeloos voel. Ons word aangemoedig om elke keer wanneer die Gees van God opnuut vir ons ons hulpeloosheid beklemtoon, te bid. Ons besef hoe magteloos ons van nature is om te glo, lief te hê, te hoop, te dien, op te offer, te ly, die Bybel te lees, te bid en teen ons sondige begeertes te stry.’ Kom ons wees duidelik: Om hulpeloos te voel, is anders as om hopeloos of waardeloos te voel; dit is bloot om ons totale afhanklikheid van God te erken. Jesus het gesê: ‘…sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). God sal jou nooit ‘n opdrag gee wat nie sy insette, sy guns en sy bemagtigende genade vereis nie. Elke aksie van God in jou lewe is ontwerp om jou afhanklikheid van Hom te verhoog. As jy dit sonder God kan doen, moet jy stop en jouself afvra: ‘Is dit werklik van God?’ Paulus het geskryf: ‘Dít is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus. Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (2 Korintiërs 3:4-6 NLV). Dawid het al die voorregte van koningskap geniet, maar hy het geskryf: ‘Ek is arm en behoeftig, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder…’ (Psalm 40:18 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: moet nooit, ooit jou gevoel van afhanklikheid van God verloor nie.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min