Woord vir Vandag - 24 Junie 2026

Loading player...
“Omdat Ragab, die prostituut, geglo het… het sy nie omgekom… nie.” Hebreërs 11:31 AFR83
Ragab: verlos en gelei
Baie kan oor Ragab gesê word sonder om haar beroep te noem. Sy was ‘n Kanaäniet. Sy het aan Josua se spioene skuiling gegee. Sy het in die God van Abraham begin glo voordat sy ooit die kinders van Abraham ontmoet het. Sy is gespaar toe haar stad vernietig is. Sy het met ‘n tydgenoot van Josua getrou en ‘n seun met die naam Boas, ‘n agterkleinseun met die naam Isai, ‘n agter-agterkleinseun met die naam Dawid, en ‘n afstammeling met die naam Jesus, gehad. Ja, Ragab se naam verskyn in die stamboom van die Seun van God. Haar CV hoef nie haar beroep te noem nie. Tog word sy in vyf van die agt keer wat sy in die Skrif genoem word, ‘n prostituut genoem. Dit word selfs saam met haar naam in Hebreërs se lys van geloofshelde, genoem (hoofstuk 11). Hierdie lys sluit Abraham, Isak, Jakob, Josef, Moses in - en dan skielik, ‘Ragab, die prostituut.’ Geen voetnota, geen verskoning nie. Haar verlede is deel van haar getuienis. ‘Omdat Ragab, die prostituut, geglo het… het sy nie omgekom… nie.’ Dink mooi hieroor na: haar geloofsbelydenis was belangriker as haar beroep as ‘n prostituut. Miskien is jou verlede ‘n sondige een. Miskien deel jou portuurgroep nie jou geloof nie. Miskien is jou stamboom een van geweld en jou voorouers een van rebellie. Indien wel, is Ragab jou rolmodel. Ons laat nie skarlakenrooi toue uit ons vensters hang nie, maar ons vertrou op die bloedrooi draad van Christus se bloed. Ons berei nie vir die koms van ‘n Hebreeuse leër voor nie, maar ons leef met die oog op die wederkoms van Jesus Christus. Die God wat Ragab verlos en gelei het, sal dieselfde vir jou doen wanneer jy jou lewe aan Hom oorgee.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min