Woord vir Vandag - 26 Junie 2026

Loading player...
“Mag my optrede voortdurend u voorskrifte weerspieël.” Psalm 119:5 NLV
Geestelike paaie (1)
‘n Geestelike pad het te make met die manier waarop jy God se teenwoordigheid die natuurlikste aanvoel en geestelike groei ervaar. Ons almal het ten minste een pad wat ons maklik vind. Daar is enorme vryheid daarin om jou geestelike pad te identifiseer en te omarm. Dit beteken dat jy op hierdie manier waarop jy met God skakel, kan fokus. Kom ons kyk vir die volgende paar dae na verskillende geestelike paaie en of ons joune kan bepaal. Kom ons kyk eerstens na die intellektuele pad. Wanneer jy op hierdie pad is, beweeg jy nader aan God soos jy meer van Hom leer. Jy is lief daarvoor om die Skrif te bestudeer. Wanneer jy kerk toe gaan, wag jy vir die musikale aanbidding om te eindig sodat die preek kan begin. Wanneer jy met ‘n krisis of ‘n geestelike uitdaging gekonfronteer word, is jy geneig om analities die probleem te probeer oplos. Jy identifiseer met die woorde van Jesus toe Hy gesê het: ‘…Jy moet die Here jou God liefhê met… jou hele verstand…’ (Lukas 10:27 NLV). Die gevaar van hierdie pad lê daarin om slegs ‘n verstand en geen hart te word nie. Daarom het Paulus geskryf: ‘…Kennis laat ‘n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou ‘n gemeente op. As jy dink jy weet alles, het jy nog nie ware kennis nie. Maar as jy vir God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik’ (1 Korintiërs 8:1-3 NLV). Maak dus seker dat jou groei in kennis met groei in nederigheid en liefde gebalanseer word.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min