Woord vir Vandag - 27 Junie 2026

Loading player...
“Laat my wandel volgens u gebooie…” Psalm 119:35 NLV
Geestelike paaie (2)
Die verhoudingspad. Mense wat die verhoudingspad volg, vind dat hulle ‘n diep gevoel van God se teenwoordigheid ervaar wanneer hulle by betekenisvolle verhoudings betrokke is. Jesus se woorde: ‘Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:20 NLV), maak volkome sin vir die mens op die verhoudingspad. Wanneer jy op die verhoudingspad is, mag jy skuldig voel wanneer jy ander mense oor lang periodes van afsondering in God se teenwoordigheid hoor praat en dink: ‘Afsondering sou nie so erg wees as ek net ‘n klomp ander mense kon saamvat nie.’ Jy het al dikwels belangrike geestelike oomblikke ervaar, soos om van sonde oortuig te word of aangemoedig te word om te volhard, soos God met jou deur ander mense praat. Jy is baie meer geneig om gebed of dade van diensbaarheid te beoefen wanneer jy dit in ‘n verhoudingskonteks kan doen. Wanneer jy op die verhoudingspad is, is jy geneig om God meer in ‘n gesprek as uit ‘n boek uit met jou te hoor praat. Daar is egter twee gevare waarteen jy moet waak. Een is oppervlakkigheid - om jouself so dun verhoudingsgewys te versprei dat niemand verby jou uiterlike kan kom om jou diep te ken, lief te hê en uit te daag nie. Die tweede is om so afhanklik van die gedagtes en raad van ander te word, dat jy nie die sensitiwiteit en vermoë ontwikkel om God self te hoor nie. ‘Jy sal ‘n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs’’ (Jesaja 30:21 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min