Woord vir Vandag - 28 Junie 2026

Loading player...
“Ek het my lewenspad oordink…” Psalm 119:59 NLV
Geestelike paaie (3)
Die pad van diens. Op die pad van diens vind jy dat God se teenwoordigheid die tasbaarste is wanneer jy ander mense help. Jy identifiseer met die woorde van Jesus: ‘…Ek verseker julle: as julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). Jy mag dalk ook vind dat jy ongemaklik voel in ‘n omgewing waar jy nie ‘n rol het om te speel of ‘n diens het om te verrig nie. ‘n Voorbeeld hiervan is Dorkas, van wie die Bybel sê: ‘…Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help’ (Handelinge 9:36 NLV). Moeder Teresa sou ‘n moderne eweknie van Dorkas gewees het. Sy was nie so betrokke by diensbaarheid omdat dit iets was wat sy veronderstel was om te doen nie, maar omdat dit haar vreugde gebring het. Sy het dikwels haar eie ontoereikendheid gevoel wanneer sy alleen was; maar sy het nooit die teenwoordigheid van Jesus sterker gevoel as in die teenwoordigheid van diegene wat sy gedien het nie. Mense op hierdie pad vind dat as hulle kerk bywoon, maar geen plek het om te dien nie, God ver verwyderd begin voel. Twee gevare wat jy in die gesig staar as jy op die pad van diens is, is: 1) Jy sal in die versoeking kom om ander te oordeel wat nie soveel soos jy dien nie. 2) Jy kan so vasgevang daarin raak om God se dienaar te wees, dat jy vergeet dat jy sy geliefde en verloste kind is. Daarom moet jy leer om liefde te ontvang sowel as om dit aan te bied.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min