Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

Loading player...
“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV
Geestelike paaie (4)
Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’’ Iets diep binne jou voel of dit vrygemaak word wanneer jy die Here lofprys. Jou hart gaan oop en jy word lewendig. Jy bevind jouself in trane en ander kere in oomblikke van diepe vreugde, want God voel so naby. Hier is egter twee waarskuwings as jy op hierdie pad is: 1) Moenie mense oordeel wat nie so openlik uiting aan hulle gevoelens gee nie. Sommige van hulle het grootgeword in kerke waar niemand ‘n vinger opgesteek het nie, wat nog te sê van ‘n hand in aanbidding. 2) Waak teen ‘n geestelikheid wat net op ervarings gebaseer word en jou altyd na die volgende ‘aanbiddingshoogtepunt’ laat soek. C.S. Lewis het ons gewaarsku oor die noodlottige sonde om die heeltyd ‘Encore!’ te sê en te eis dat God ‘n ervaring of ‘n emosie moet reproduseer. Hy het gesê dat van alle gebede, God die minste geneig mag wees om hierdie gebed te verhoor, omdat dit kan veroorsaak dat ons die ervaring, eerder as God, begin aanbid. Omdat musiek ons gevoelens so kragtig beïnvloed, kan ons daarvan afhanklik raak om ‘n sekere emosionele reaksie te produseer. In hierdie geval moet jy dalk tyd bestee om God sonder musiek te aanbid, sodat jou aanbidding op wie God is gebaseer word en dit nie net ‘n geval is waar jy deur sekere klanke meegesleur word nie. Jy moet dalk ook probeer om meer Bybelstudie te doen, sodat jou hart diep in die kennis van God gewortel is.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min