Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

Loading player...
“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV
Geestelike paaie (5)
Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…’ Een van die gevare om egter deur die aktivispad met God te skakel, is dat ‘n groot deel van jou beweegrede selfvervulling en selftevredenheid kan wees. Daarom het Paulus geskryf: ‘So moet julle ook, as julle julle toelê op die gawes van die Gees, daarop konsentreer om uit te munt in dié gawes wat die gemeente opbou’ (1 Korintiërs 14:12 NLV). Wanneer jy ‘n aktivis is, hou jy van ‘n vinnige, probleemgevulde, komplekse, inspannende lewenswyse. Aan die einde van die dag wil jy kan sê: ‘Ek het regtig hard gehardloop. Ek het elke greintjie moeite en ywer tot my beskikking gebruik tot eer van U, God.’ Een Bybelse voorbeeld van ‘n aktivis is Nehemia. Toe hy hoor dat die mure van sy geliefde Jerusalem in puin lê, het hy geween, gebid, die koning gesmeek vir die hulpbronne om dit te herbou en toe sy moue opgerol en aan die werk gespring. As jy ‘n aktivis is, het jy ‘n saak nodig. Daarsonder sal jou geestelike lewe stagneer. Hier is egter ‘n woord van waarskuwing: Moenie so opgewonde oor jou saak raak dat jy oor mense se koppe gaan of hulle uitbuit nie. Nog ‘n woord van waarskuwing: Wanneer jy ‘n aktivis is, kan dit soms moeilik wees om God se ware roeping van jou eie sterk impulse tot aksie, te onderskei. Indien dit die geval is, neem ekstra tyd om te bid en van God te hoor en maak seker dat jy ‘n gekwalifiseerde vriend in jou lewe het wie se raad jy kan vertrou.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min