Bizskoops - 28 Mei 2026
Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops:
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal hierdie week oor die repokoers besluit, en ons bespreek die moontlike faktore wat die besluit beïnvloed en die waarskynlike uitkomste.
Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise verduidelik ook hoe die wêreldwye effekte-uitverkoping Suid-Afrika se leenkoste verhoog.
Professor Waldo Krugell bespreek hoe die gevolge van die Midde-Oosterse konflik wêreldwyd in verskeie sektore van die ekonomie gevoel word, nie net deur stygende oliepryse nie.
In internasionale sake-nuus sê Sam Altman, uitvoerende hoof van OpenAI, dat kunsmatige intelligensie waarskynlik nie die grootskaalse werkverliese sal veroorsaak wat hy eens gevrees het nie.
Daar is ook goeie nuus vir beleggers wat in 2020 aandele in Stefanutti Stocks gekoop het.
Ons gaan voort met ons gesprek met Pieter Wasserfall van JustMoney, wat verduidelik waarom verbruikers moet vermy om nuwe skuld aan te gaan en bespreek stokvels as 'n praktiese manier om geld te spaar.