VSA gaan Iran binne 2 weke algeheel oorwin: Trump

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hulle gaan binne die volgende twee weke ʼn algehele oorwinning oor Iran verklaar. Hy het herhaaldelik gesê hy verwag die konflik sal binnekort eindig, maar dit het tot toenemende spanning gelei. Trump het ook telkens gewaarsku militêre optrede sal verskerp indien Teheran nie instem tot ʼn ooreenkoms nie. Hy sê Iran is gewillig om aan eise te voldoen, insluitend om nie kernwapens te hê nie:
9 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti

Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
15 Jun 11AM 1 min

Eerste 1 140 Malawiërs wat wil huis toe was onwettig in SA

Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
15 Jun 11AM 1 min

Kry kontant in 'n kits met 'WayaMe'

Namibië se kitsbetalingsoplossing het nou 'n publieke identiteit. Instant Payments Namibia het “WayaMe” onthul as die verbruikersgerigte handelsmerk van die land se nuwe kitsbetalingsplatform. Die naam is afgelei van die bekende frase "Wire Me" en sal by banke, e-beursies en betaalkanale verskyn soos die gefaseerde bekendstelling voortduur. Hoofbedryfsbeampte van Instant…
15 Jun 10AM 1 min