Amushelelo wil hof toe oor omstrede spoedbrekers

Loading player...
Die vervoerministerie se besluit om spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad en die A1-hoofweg te installeer, lok steeds kritiek uit. Die spoedbrekers, wat ingestel is as 'n maatreël om voetgangerongelukke te verminder, het eerder gelei tot swaar verkeersopeenhopings en groeiende frustrasie onder motoriste. Die aktivis Michael Amushelelo voer aan dat voetgangerbrûe en strenger handhawing teen onwettige padkruisings meer doeltreffend sou wees. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo gewaarsku dat die maatreëls noodvoertuie kan vertraag en sê regstappe sal geneem word indien dit nie verwyder word nie.
9 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti

Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
15 Jun 11AM 1 min

Eerste 1 140 Malawiërs wat wil huis toe was onwettig in SA

Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
15 Jun 11AM 1 min

Kry kontant in 'n kits met 'WayaMe'

Namibië se kitsbetalingsoplossing het nou 'n publieke identiteit. Instant Payments Namibia het “WayaMe” onthul as die verbruikersgerigte handelsmerk van die land se nuwe kitsbetalingsplatform. Die naam is afgelei van die bekende frase "Wire Me" en sal by banke, e-beursies en betaalkanale verskyn soos die gefaseerde bekendstelling voortduur. Hoofbedryfsbeampte van Instant…
15 Jun 10AM 1 min