Regering moet skuld kry vir vuurwapenbeheerkrisis - AfriForum

Loading player...
AfriForum sê die vuurwapenbeheerkrisis is die regering se verantwoordelikheid nie wetsgehoorsame burgers s'n nie. Die organisasie voer aan die fokus moet op swak bestuur van wapens in staatsbesit wees, en nie op strenger wette oor wettige wapeneienaars nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê openbare veiligheid sal 'n probleem bly tensy die regering verbeter hoe hy wapens berg en bestuur. Broodryk vra vir strenger sekuriteit van staatswapens om te verhoed dat vuurwapens by misdaadnetwerke uitkom:
10 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti

Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
15 Jun 11AM 1 min

Eerste 1 140 Malawiërs wat wil huis toe was onwettig in SA

Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
15 Jun 11AM 1 min

Kry kontant in 'n kits met 'WayaMe'

Namibië se kitsbetalingsoplossing het nou 'n publieke identiteit. Instant Payments Namibia het “WayaMe” onthul as die verbruikersgerigte handelsmerk van die land se nuwe kitsbetalingsplatform. Die naam is afgelei van die bekende frase "Wire Me" en sal by banke, e-beursies en betaalkanale verskyn soos die gefaseerde bekendstelling voortduur. Hoofbedryfsbeampte van Instant…
15 Jun 10AM 1 min