Cachalia sê betogings teen buitelanders belemmer belegging

Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê onwettige immigrasie is onaanvaarbaar en streng maatreëls is nodig om grensbeheer en toepassing van immigrasiewette te versterk. Dit kom te midde van die afgelope maande se landwye betogings teen buitelanders. Cachalia sê gewelddadige betogings teen buitelanders keer buitelandse beleggings en ondermyn die land se kanse op ekonomiese groei en werkskepping. Hy beklemtoon dat slegs die polisie en die Grensbestuursagentskap die reg het om mense vir immigrasie-oortredings te arresteer:
10 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti

Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
15 Jun 11AM 1 min

Eerste 1 140 Malawiërs wat wil huis toe was onwettig in SA

Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
15 Jun 11AM 1 min

Kry kontant in 'n kits met 'WayaMe'

Namibië se kitsbetalingsoplossing het nou 'n publieke identiteit. Instant Payments Namibia het “WayaMe” onthul as die verbruikersgerigte handelsmerk van die land se nuwe kitsbetalingsplatform. Die naam is afgelei van die bekende frase "Wire Me" en sal by banke, e-beursies en betaalkanale verskyn soos die gefaseerde bekendstelling voortduur. Hoofbedryfsbeampte van Instant…
15 Jun 10AM 1 min