Trump is 'mal oor die hoë inflasie'

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump sê hy is mal oor die hoë inflasie in die VSA, terwyl pryse in Mei teen die vinnigste tempo in drie jaar gestyg het. Hy het tydens 'n perskonferensie in die Oval Office gesê die "syfers is puik" toe hy gevra is oor die Buro vir Arbeidstatistiek se syfers wat toon dat inflasie in Mei met 4,2 persent gestyg het van 'n jaar tevore. In Maart was die inflasiesyfer 3,8 persent. Hy het ook beweer dat Amerikaanse magte nagtelike operasies uitgevoer het waarin miljoene vate olie uit Iran verwyder is, wat bygedra het tot 'n effense daling in oliepryse. Brent-ruolie verhandel egter steeds aansienlik hoër as vooroorlogse vlakke. Luister self.
11 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom ondersoek na meter-peutersindikaat

Die DA in Tshwane verwelkom die ondersoek na ʼn vermeende sindikaat wat met meters peuter. Twee inwoners het aan News24 beskryf hoe ʼn vrou wat haarself “Petunia” noem, hulle genader het. Sy het na bewering 12 000 Suid-Afrikaanse rand geëis om hul boetes van 73-000-rand vir peuter met elektrisiteitsmeters, te…
19 Aug 6AM 1 min

Finansies vra vir doeltreffende implementering van wysigingswet op Verkryging

Die finansministerie het 'n beroep op alle belanghebbendes gedoen om die doeltreffende implementering van wysigings aan die Wet op Openbare Verkryging 15 van 2015 te ondersteun. Willard Haraseb, adjunkdirekteur in die ministerie se eenheid vir openbare verkryging, het tydens 'n regringsinligtingsessie gesê die nuwe regulasies, wat op 4 Augustus in…
19 Aug 6AM 1 min

NamPol kondig Amnestiemaand aan

Die Namibiese polisie het meer as 600 geweldsmisdade met vuurwapens aangeteken tussen September 2025 en Junie 2026 – insluitend 20 moorde en 261 ernstige rooftogte. Waarnemende Inspekteur-Generaal-Majoor Anne-Marie Nainda het die syfers bekend gemaak tydens die bekendstelling van die komende September Amnestiemaand. Nainda waarsku dat wapengeweld 'n ernstige bedreiging vir…
19 Aug 6AM 1 min

Ses verskaffers en Rani-groep in NaCC se visier

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n ondersoek na die Rani-groep en ses groot verskaffers van stapel gestuur vir beweerde teenmededingende praktyke. Woordvoerder van die kommissie, Dina //Gowases, sê klein kleinhandelaars het klagtes ingedien waarin hulle verskaffers daarvan beskuldig dat hulle voorraad en afslag uitsluitlik vir die Rani-groep reserveer. Klein sake-eienaars beweer…
19 Aug 6AM 1 min

So lyk die kanale vir besighede in die plaaslike olie en gas inhoudsbeleid

Die kabinet het die Nasionale Stroom-op Petroleum Plaaslike Inhoudbeleid goedgekeur. Daar is vereistes vir Namibiese maatskappye om te kwalifiseer om deel te neem aan tenders wat insluit dat die maatskappy moet ten minste 51 persent Namibiese aandeelhouding het waarvan ten minste 30 persent voorheen benadeelde Namibiërs is. Die maatskappy se…
19 Aug 5AM 1 min