Buitelanders moet seker maak hulle het papiere - Schreiber

Loading player...
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê buitelandse burgers moet seker maak hulle het geldige visums of wettige magtiging om in Suid-Afrika te wees, aangesien immigrasiewette steeds streng toegepas word. Dit volg na die repatriasie van 586 Nigeriese burgers wat onwettig in die land was. Alle betrokke individue is as ongewens verklaar, wat tot 'n vyfjaarverbod op hertoelating gelei het. Schreiber doen 'n beroep op buitelandse burgers om hul status te wettig om soortgelyke optrede te vermy:
12 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gautengse verkeershoof geskors na Madlanga-getuienis

Die Gautengse verkeershoof, Samuel Mashaba, is voorlopig geskors hangend die afhandeling van 'n formele tugproses. Dit volg op sy getuienis voor die Madlanga-kommissie oor sy persoonlike bande met 'n informant verbind met 'n dwelmfonds in Aeroton. Elijah Mashaba van die provinsiale regering sê Mahlanga het bekentenisse gemaak oor optrede wat…
15 Jun 9AM 1 min

Brittanje verbied onder-16s op sosiale media

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het 'n sosiale media-verbod aangekondig op onder-16s as deel van planne om hulle teen aanlyn skade te beskerm. Australië het in Desember die eerste land geword om so 'n verbod in te stel. Starmer sê kinders sukkel om hulle voete te vind in 'n…
15 Jun 9AM 1 min

Cran wil IKT-produkte, -innovasies veilig laat toets

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beplan om 'n IKT-regulatoriese toetsomgewing te vestig om innovasie te ondersteun en die ontwikkeling van opkomende tegnologieë te versnel. Volgens Cran se markontwikkelingsontleder, Abraham Eita, sal die stelsel innoveerders, navorsers en besighede in staat stel om nuwe produkte en dienste in 'n beheerde omgewing onder…
15 Jun 8AM 1 min

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min