SARB sê finansiële stelsel bly veerkragtig ten spyte van Midde-Ooste

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die land se finansiële stelsel bly oor die algemeen veerkragtig, ten spyte van meer uitdagende finansiële toestande en monetêre beleid weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die Reserwebank se jongste halfjaarlikse verslag oor finansiële stabiliteit sê die land is meer blootgestel aan wisselvallige kapitaalvloei omdat buitelandse beleggers plaaslike bates verkoop om veilige belegging-bestemmings te soek. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê die olieprys-skok sal na verwagting steeds druk plaas op inflasie:
12 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Farmers Meat: Harde hou vir skaapboere, maar geleentheid met fasiliteit

Die aankondiging deur Ohlthaver en List dat die Farmers Meat Mariental-abattoir permanent op 30 September sal sluit, het die skaapprodusente hard getref. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die LPO, Jako van Wyk, gepraat wat sê die sluiting van die abattoir sal 'n beduidende impak op die sektor…
19 Aug 5AM 1 min

Manamela kry sperdatum oor Nsfas

Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, tot 1 November tyd gegee om ʼn reddingsplan voor te lê vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. ʼn Ondersoek deur die Openbare Beskermer het onthul sowat 40 000 studente by 76 hoëronderwys-instellings is onbehoorlik befonds teen…
19 Aug 5AM 1 min

Okh-polisie aangesê om hulle sokkies op te trek

Okahandja se adjunkburgemeester, Akser Aupindi, het die belangrikheid van leiers se teenwoordigheid in gemeenskappe beklemtoon, en die dorp se polisie gevra om hul sokkies op te trek en te verseker dat die gemeenskap terugvoer kry oor sake. Dit moet gebeur selfs in gevalle waar ondersoekbesonderhede nie volledig bekend gemaak kan…
19 Aug 5AM 1 min

AfriForum en March and March stig werksgroep

Die voorspraakgroepe AfriForum en March and March het ooreengekom om regsake van gemeenskaplike belang gesamentlik aan te pak en mekaar te ondersteun oor kwessies rondom die oppergesag van die reg, die stryd teen misdaad en onwettige migrasie. Die leierskap van die twee groepe het gister vergader. AfriForum se uitvoerende hoof,…
19 Aug 3AM 1 min