Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Loading player...
Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal. Die PDM se Diederick Vries het vrae aan landbouminister Inge Zaamwani in die Nasionale Vergadering gerig.
12 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min

As Iran-VSA verstandhouding hou, kan herstel tot nege maande neem

Reaksie word ontvang oor oliepryse wat vanoggend tot die laagste vlak sedert Maart gedaal het nadat die Amerikaanse president Donald Trump en Iran se adjunkminister van buitelandse sake, Kazem Gharibabadi, gesê het dat hulle 'n aanvanklike ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig en verkeer deur die Straat van…
15 Jun 6AM 1 min