Nie-nakoming rakende finansiële state wek toenemend kommer

Loading player...
Bestuursdeskundige Pius Dunaiski het ernstige kommer uitgespreek oor die ouditeur-generaal se bevindinge dat 'n toenemende aantal dorps-, stads- en streeksrade versuim om hul finansiële state in te dien, en waarsku dat dié neiging 'n beduidende ineenstorting van aanspreeklikheid binne Namibië se openbare administrasie verteenwoordig. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat finansiële verslagdoening 'n sleutelmeganisme bly om die bestuur van openbare fondse te monitor en te bepaal of belastingbetalers waarde vir geld ontvang.
15 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min

As Iran-VSA verstandhouding hou, kan herstel tot nege maande neem

Reaksie word ontvang oor oliepryse wat vanoggend tot die laagste vlak sedert Maart gedaal het nadat die Amerikaanse president Donald Trump en Iran se adjunkminister van buitelandse sake, Kazem Gharibabadi, gesê het dat hulle 'n aanvanklike ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig en verkeer deur die Straat van…
15 Jun 6AM 1 min

Groot koue, reën en stormsterk winde op pad

Daar kom baie groot, en vreemde nat koue die week in die land. Weerkenner George van der Merwe sê ‘n sisteem is besig om te ontwikkel en in plaas daarvan dat hy reën vir die Noord- en Wes-Kaap bring, beweeg hy noordwaarts en sal teen Dinsdagmiddag net Suid van Lüderitz…
15 Jun 6AM 1 min

Namfisa las uitbetaling van N$1,7m aan verbruikers

Namfisa het gelas dat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar aan verbruikers terugbetaal word na klagtes teen finansiële diensverskaffers. Volgens Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het die instansie tussen Januarie en Maart vanjaar 'n reeks sake opgelos wat verband hou met vertraagde pensioenuitbetalings, verwerpte begrafniseise, kontrakkansellasiegeskille en uitstaande sterftevoordeel- en terugbetalingsbetalings.
15 Jun 5AM 1 min