
Amushelelo niks lus om tot 30ste te wag nie, stel nuwe ultimatum
Loading player...
Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus voer Amushelelo aan dat die spoedbrekers 'n direkte gevaar vir motoriste inhou en 'n ramp is wat wag om op 'n nasionale snelweg te gebeur.

