
Onderwys loods ondersoek na gerugte oor Windhoek Internasionale Skool
Loading player...
Die onderwysministerie gaan ‘n ondersoek van stapel stuur na 'n reeks bewerings wat op sosiale media die ronde doen rakende Windhoek Internasionale Skool. Die bewerings sluit in beskuldigings van boeliegedrag, onvoldoende reaksies op studentewelsynskwessies, onreëlmatighede in die bestuur, personeelkwessies en kommer oor die skool se raadstruktuur. Woordvoerder van die ministerie, Esther Angula, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die bewerings ondersoek sal word om die geldigheid daarvan te bepaal.

