
Meer as 40 000 onwettige migrante sedert Januarie in SA aangekeer
Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê meer as 40 000 onwettige buitelanders is sedert begin vanjaar aangekeer, meer as 7 400 net in die afgelope maand. Die regering verskerp optrede teen onwettige immigrasie en stel strenger grensbeheer in. Kubayi, wat voorsitter is van die tussenministeriële komitee op Migrasie, verwerp die bewering dat Suid-Afrika inherent xenofobies is of nie mense van buite die landsgrense verwelkom nie:

