
McKenzie sê Bafana fokus op wedstryde wat kom
Loading player...
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Suid-Afrika aangespoor om Bafana Bafana tydens hul volgende Groep A-wedstryd hierdie week te ondersteun. Suid-Afrika pak die Tsjeggiese Republiek Donderdag om ses-namiddag Suid-Afrikaanse tyd in die Atlanta-stadion, met die laaste groepwedstryd teen Suid-Korea op 24 Junie in die Monterrey-stadion, Mexiko. McKenzie het aan Newzroom Afrika gesê die span is gefokus op die oorblywende wedstryde:

