SA-toerisme slaan munt uit Wêreldbeker

Loading player...
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika sal voortgaan om sy toerisme-aanbiedinge in Mexiko te bevorder ná die 2026 Fifa Wêreldbeker. De Lille het in Mexiko die land as 'n belangrike groeimark geïdentifiseer, met verwysing na 'n bestendige toename in besoekers die afgelope drie jaar. De Lille sê haar eweknie het ooreengekom om samewerking te versterk, lugverbindings te verbeter en 'n nuwe driejaar-toerisme-aksieplan tussen die twee lande in te stel:
15 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min

As Iran-VSA verstandhouding hou, kan herstel tot nege maande neem

Reaksie word ontvang oor oliepryse wat vanoggend tot die laagste vlak sedert Maart gedaal het nadat die Amerikaanse president Donald Trump en Iran se adjunkminister van buitelandse sake, Kazem Gharibabadi, gesê het dat hulle 'n aanvanklike ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig en verkeer deur die Straat van…
15 Jun 6AM 1 min

Groot koue, reën en stormsterk winde op pad

Daar kom baie groot, en vreemde nat koue die week in die land. Weerkenner George van der Merwe sê ‘n sisteem is besig om te ontwikkel en in plaas daarvan dat hy reën vir die Noord- en Wes-Kaap bring, beweeg hy noordwaarts en sal teen Dinsdagmiddag net Suid van Lüderitz…
15 Jun 6AM 1 min

Namfisa las uitbetaling van N$1,7m aan verbruikers

Namfisa het gelas dat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar aan verbruikers terugbetaal word na klagtes teen finansiële diensverskaffers. Volgens Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het die instansie tussen Januarie en Maart vanjaar 'n reeks sake opgelos wat verband hou met vertraagde pensioenuitbetalings, verwerpte begrafniseise, kontrakkansellasiegeskille en uitstaande sterftevoordeel- en terugbetalingsbetalings.
15 Jun 5AM 1 min