Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, tot 1 November tyd gegee om ʼn reddingsplan voor te lê vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. ʼn Ondersoek deur die Openbare Beskermer het onthul sowat 40 000 studente by 76 hoëronderwys-instellings is onbehoorlik befonds teen…
Okahandja se adjunkburgemeester, Akser Aupindi, het die belangrikheid van leiers se teenwoordigheid in gemeenskappe beklemtoon, en die dorp se polisie gevra om hul sokkies op te trek en te verseker dat die gemeenskap terugvoer kry oor sake. Dit moet gebeur selfs in gevalle waar ondersoekbesonderhede nie volledig bekend gemaak kan…
Die voorspraakgroepe AfriForum en March and March het ooreengekom om regsake van gemeenskaplike belang gesamentlik aan te pak en mekaar te ondersteun oor kwessies rondom die oppergesag van die reg, die stryd teen misdaad en onwettige migrasie. Die leierskap van die twee groepe het gister vergader. AfriForum se uitvoerende hoof,…
Die IPC-leierskap is tans op streeksbesoek om sy voetsoolvlak-strukture te versterk, kiesafdeling-uitvoerende komitees te verkies en interne bestuursraamwerke voor te berei. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-visepresident Trevino Forbes gepraat wat die Hardap-streek besoek het. Hy sê dat die huidige streeksuitreik fokus op die bou van volhoubare plaaslike leierskap…
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die nuwe elektrisiteitsprysbeleid sal beskerming vir arm en kwesbare verbruikers versterk en elektrisiteitsrekeninge meer deursigtig maak. Die minister sê munisipale en Eskom-rekeninge sal ontbondel word, wat aan verbruikers sal wys presies hoe koste bereken word. Rekeninge sal elektrisiteitsopwekking, transmissie- en verspreidingskoste,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.