
Fokus op drinkwater, sanitasie op Dag van die Afrika-kind
Loading player...
Vandag vier die vasteland Dag van die Afrika-kind, onder die tema “Versekering van universele toegang tot water, sanitasie en higiëne vir elke kind in Afrika”. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-kinderadvokaat en hoof by die kantoor van die Ombudsman, Ingrid Husselmann, gepraat wat sê dringende stappe moet geneem word om toegang tot veilige drinkwater en sanitasie vir alle Namibiese kinders, veral dié in landelike gebiede, aan te spreek.

