
Kenner sê oor vryery na ons kritieke minerale
Loading player...
Dit is baie duidelik dat daar gevry word na Namibië en terwyl mededinging tussen Amerika, China en Rusland vir Namibië se kritieke minerale toeneem, sê die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala dat die land 'n beslissende oomblik bereik het. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se enorme uraan-, koper- en seldsame aardmetale-afsettings dit op die globale strategiese wêreldkaart geplaas het, maar blywende soewereiniteit en ekonomiese voordele sal afhang van die nasie se vermoë om volle eienaarskap van sy hulpbronrykdom te neem.

