
Skorsing van Gautengse verkeershoof verwelkom
Loading player...
Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Provinsiale Wetgewer oor Gemeenskapsveiligheid het die skorsing van die hoof van die Gautengse Verkeerspolisie, Samuel Mashaba verwelkom hangende 'n dissiplinêre proses. Die besluit volg na getuienis voor die Madlanga-kommissie, waar Mashaba erkennings gemaak het wat tot ernstige wangedrag kan lei. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê die stap weerspieël die regering se verbintenis tot aanspreeklikheid en etiese leierskap. Hy doen 'n beroep op 'n regverdige, deursigtige en spoedige dissiplinêre proses:

