
Regering het sewe dae om te sê oor weermag ontplooiing in strate
Loading player...
Die aktivis Michael Amushelelo het 'n dringende versoek aan regeringsowerhede gerig om die wetlike basis vir die ontplooiing van Namibiese Weermag-soldate op strate bekend te maak. Dit kom terwyl sommige weermaglede in Windhoek se strate waargeneem word. Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek 'n grondwetlike reg het om te weet onder watter gesag die weermag in burgerlike gebiede aktief is.

