
Byna 1 600 onwettige immigrante verlaat SA by Beitbrug
Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê 1 596 ongedokumenteerde Malawiese en Zimbabwese burgers is suksesvol in 'n 13-uur-operasie by die Beitbrug-grenspos geprosesseer. Personeel van die owerheid, amptenare van Binnelandse Sake en lede van die SAPD se afdeling vir openbare orde was betrokke. Die woordvoerder van die owerheid, Mmemme Mogotsi, sê die repatriasie van 1 129 Malawiese burgers was ingesluit. Dit was die meeste wat nog op een dag afgehandel is:

