
SA verskerp veldtog teen onwettige migrante
Loading player...
Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug gereël. Sy sê die Zimbabwiese burgers is met drie busse vanaf Gauteng vervoer, terwyl tien busse, vyf in Durban in KwaZulu-Natal en nog vyf in Kaapstad, ingespan is vir die Malawiese repatriasie-operasie.

