H5N1: Ons robbe is veilig

Loading player...
Terwyl verslae aandui dat ongeveer 13 000 baba-robbe aan voëlgriep op afgeleë Australiese Antarktiese eilande gevrek het, en 'n geïsoleerde geval in Suid-Afrika aangeteken is, bly Namibië se robkolonies onaangeraak. Wetenskaplikes sê die H5N1-virus het suidelike olifantrobbebevolkings op Heard-eiland verwoes. Te midde van verslae van gevalle in Namibië, het Kosmos 94.1 Nuus met Ocean Conservation Namibia se medestigter, Naude Dreyer, gepraat:
22 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geskorsde MK-lede sal hulle aan die hof wend

Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndlela, beplan regsoptrede teen hul skorsing uit die party. Hulle is verlede week geskors weens beweerde growwe wangedrag wat verband hou met hul optrede rondom die dood van ʼn mede-partylid, Muzi Ntshingila. Die party beskuldig die twee dat hulle ongemagtigde openbare verklarings gemaak…
22 Jun 2AM 1 min

Swakopmund Sages skenk ruim aan Palliative Care Namibia

Die Swakopmund Sages Senior Gholfspelersvereniging het onlangs kombuistoerusting ter waarde van 20 000 Namibiese dollar aan die nuutgestigte Palliative Care Namibia Erongo-sentrum geborg. Die skenkings is die opbrengs van die Sages Gholfspelers-toernooie wat deur die jaar by die Rossmund-gholfbaan in Swakopmund aangebied word. Sanet de Waal, hoof van die Kankervereniging…
22 Jun 2AM 1 min

Vance sê gesprekke vorder

Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê vordering is gemaak tydens die eerste ronde vredesamesprekings met Iran in Switserland. Dit is ten spyte daarvan dat onderhandelinge gister onderbreek is, nadat president Donald Trump die Iranse afvaardiging gedreig het en deur Teheran se hoofonderhandelaar tereg gewys is. Die samesprekings volg nadat die…
22 Jun 1AM 1 min

Nog BKS-entstowwe kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die stryd teen bek-en-klouseer gaan voort met die aankoms van ʼn nuwe besending entstowwe en vinniger inentings in provinsies. Nog ʼn besending van 2 miljoen Dollvet-entstofdosisse het gister op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Steenhuisen sê die Landbounavorsingsraad het vroeër die maand 20…
22 Jun 1AM 1 min

Olie sal nog 'n tyd neem om 'reg' te daal

Reaksie word ontvang oor die chaos rakende die Straat van Hormuz met onderhandelinge wat in Switserland plaasvind, en verklarings deur Iran dat die seestraat toe is met die VSA wat dit weerspreek. Olie daal ook nie noemenswaardig nie en bly rondom 80 Amerikaanse dollar per vat. Kosmos 94.1 Nuus het…
22 Jun 12AM 1 min