
Nog BKS-entstowwe kom in SA aan
Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die stryd teen bek-en-klouseer gaan voort met die aankoms van ʼn nuwe besending entstowwe en vinniger inentings in provinsies. Nog ʼn besending van 2 miljoen Dollvet-entstofdosisse het gister op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Steenhuisen sê die Landbounavorsingsraad het vroeër die maand 20 000 dosisse gebottel en die proses om nog 20 000 te bottel sal voor die einde van die maand begin. Hy sê volgehoue voorsiening is belangrik:

