Omgewingsminsiterie sê oor stappers wat steeds in Canyon vasgekeer is

Loading player...
Onbevestigde berigte lui dat tot 80 stappers steeds in die Visrivier-canyon vasgekeer is met die Visrivier wat afkom na Nautedam se sluise Sondag getrek is en Neckartal begin oorloop het. Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om met die //Kharas-bevelvoerder kommissaris Marius Katamila te praat maar is ingelig hy is besig met 'n parade. Die omgewingsministerie se woordvoerder Vilho Hangula sê hulle is besig om die omvang van die uitdagings te bepaal.
22 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC besoek Otjozondjupa

Die Namibiese Mededingingskommissie verskerp pogings om openbare bewustheid oor billike mededinging en die rol daarvan in ekonomiese ontwikkeling te verhoog met komende inligtingsessies in die Otjozondjupa-streek. Die eerste sessie sal op 23 Junie by die kantore van die Ministerie van Nywerhede, Mynbou en Energie in Otjiwarongo plaasvind, terwyl die tweede…
22 Jun 5AM 1 min

Vervanging van Steenhuisen sal nie BKS aanspreek nie

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die vervanging van die minister van Landbou, John Steenhuisen, sal nie die bek-en-klouseer-krisis in die land oplos nie. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het president Cyril Ramaphosa gevra om Steenhuisen uit sy pos te verwyder en met die huidige minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing,…
22 Jun 5AM 1 min

Keir Starmer bedank

Soos verwag het die Britse premier Keir Starmer vanoggend bedank. Dit kom na 'n leierskapstryd begin is toe Andy Burnham Donderdagaand die Makerfield-tussenverkiesing gewen het en dus, LP geword het wat hom in staat stel om Starmer se leierskap uit te daag. Starmer het die aankondiging buite 10 Downingstraat gemaak…
22 Jun 5AM 1 min

Pepfar-onttrekking geen verrassing nie

Die Departement van Gesondheid sê hulle het geen formele skrywe van die Amerikaanse regering ontvang oor die volledige onttrekking van MIV/Vigs-befondsing deur Pepfar nie. Dit volg na mediaberigte hieroor. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die regering werk al lank aan 'n selfstandigheidsplan om die uitwerking van befondsingonttrekking…
22 Jun 3AM 1 min

Namdia gee oorsig van eerste kwartaal

Namdia se oorsig van die eerste kwartaal toon dat diamant verkope goed presteer het, ten spyte van ‘n daling in vraag in die internasionale mark. Die maatskappy sê ook hy het sekuriteit verbeter by sy hoofkantoor. Lelly Uusiku die waarnemende uitvoerende hoof van Namdia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
22 Jun 3AM 1 min