
Cachalia sal die week brandpunte vir 30 Junie besoek
Loading player...
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30 Junie moet verlaat. Die departement se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê geen dade van wetteloosheid sal geduld word nie:

