
Stad Windhoek waarsku ook oor 'veldbrande'
Loading player...
Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia Amutenya, gesê dat die verbranding van vullis, insluitend tuinafval, sonder toestemming streng verbode is.

