
|Khomanin oorhandig petisie aan Sankwasa, dreig ook regstappe
Loading player...
Die |Khomanin-tradisionele gemeenskap het Maandag hul petisie aan die minister van landelike ontwikkeling, James Sankwasa, ingehandig om die |Khomanin-hoof, Juliane Gawa-!Nas uit die posisie te verwyder. Volgens woordvoerder Shaun Gariseb, kan Gawa-!Nas nie rekenskap gee van 80 000 Namibiese dollar wat uit die Tradisionele Owerheid se trustfonds onttrek is nie. Indien die groep nie tevrede is met Sankwasa se besluite hieroor nie, sal hulle glo die minister hof toe neem. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

