
Passasierverkeer: Syfers sal verder styg
Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die Namibiese Lughawensmaatskappy se voortgesette belegging in reisroetes en toerisme-infrastruktuur help om passasiersgroei aan te dryf, aangesien die land se lughawens meer as 102 000 passasiersbewegings in April aangeteken het. Die Namibiese Statistiekagentskap sê dit is 'n toename van 12,8 persent vanaf Maart. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat met beleggings in die sektor die opwaartse neiging sal voortduur.

