OG-verslag ontbloot regering se mislukking

Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê die ouditeur-generaal se jongste munisipale ouditverslag toon plaaslike regeringsmislukkings bly steeds 'n reuse bron van kommer, met geen metropolitaanse munisipaliteit wat 'n skoon oudit in die 2024/2025-boekjaar behaal het nie. Julius Kleynhans van Outa sê inwoners betaal steeds meer vir dienste terwyl hulle vervalle infrastruktuur en swak dienslewering ondervind. Kleynhans doen 'n beroep op beter finansiële bestuur en dringende hervormings om die bestuur in munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing te verbeter:
25 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA sal Israel steun as Hamas nie ontwapen: Kushner

Die Amerikaanse gesant, Jared Kushner, sê Hamas kan binnekort ontwapen, maar Amerika sal verdere Israelse militêre optrede in Gaza steun indien dit nie gebeur nie. Hy en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Maandag ooreengekom om twee werksgroepe te stig. Een sal fokus op ontwapening en verwydering van militêre…
18 Aug 11AM 1 min

Sersant gebruik glo polisiedokumente in bedrogspul

Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste polisiesersant Fannie Nkosi het 'n demonstrasie gereël van selfoonnasporings-tegnologie en steuringstegnologie van die Tsjeggiese maatskappy InvaSys. Die hoof-getuienisleier, Matthew Chaskalson, sê WhatsApp-bewyse betrek Nkosi, die sakelui Steve Motsumi en Katiso Molefe en die vermoorde taxibaas Mswazi Msibi, wat voorgegee het om die regering te…
18 Aug 11AM 1 min

Kos is in fokus by Nust se Kultuurfees

Feesviering en kos staan hierdie week sentraal by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se jaarlikse Kultuurfees van 19 tot 21 Augustus. Twapewa Nakashona, Nust se assistent-bemarkingsbeampte, sê die fees met gratis toegang vier globale eenheid deur kulturele kookkuns, musiek en optredes op die Windhoek-kampus. Hy praat met Kosmos…
18 Aug 10AM 1 min

Baynes-projekbestuur ontken konsultasies, studies nie uitgevoer

Die bestuur van die Baynes-waterkragprojek sê dat hulle voldoen het aan die vereiste omgewings- en openbare konsultasieprosesse, en het bewerings dat sleutelstudies nie uitgevoer is nie van die hand gewys. Senior projekdirekteur Muyenga Muyenga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Ombudsman se bevindinge verkeerd voorgestel is, en dat…
18 Aug 10AM 1 min